Onthou die posduif is elektronies beskikbaar, asook hier. Stuur jou e-pos adres vir This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
* Lidmate wat nie toegang het tot elektroniese inbetalings nie en wat wil inbetaal kan reëlings tref met Wilma 0824597810, Dries 0729682136.
* Die kerkkantoor sal gesluit wees vaf 28 Des 2020 en weer open op 4 Jan 2021
* Ons benodig asb persone om behulpsaam te wees met die kategese-klasse vir 2021. Persone wie belangstel, kontak asb vir Johan Beukes 0794739594
* Beprekings by die kerkkantoor voor of op Donderdag asb vir Eredienste
6 Desember NG-Oos 09:00
13 Desember NG-Wes 09:00
20 Desember NG-Suid 09:00
23 Desember NG-Wes Buitelug Kerssang saam Francois& Elizbeth Fourie 18:00
25 Desember NG-Wes Kersdiens 08:00
27 Desember NG Moedergemeente 09:00
31 Desember NG-Wes Oujaarsdiens 18:00
6 Januarie 2021 NG-Wes 09:00
Francois en Elizabeth bied Woensdag, 23 Desember 2020 om 18:00, 'n buitelug Kers-sangaand aan op die terrein van die NG Kerk Parys-Wes. Bring jou eie piekniekmandjie, drinkgoed, kampstoel of kombers. Ons gaan eers lekker piekniek hou en kuier en daarna al die bekende en pragtige kersliedere heerlik saamsing. Toegang is gratis en almal is welkom. Vir navrae, kontak asb die kerkkantoor
NG Parys-Wes Kerksaal. Vanaf 09:00-17:00 daagliks. Mooi handwerk, gebak en handgemaakte en silwer juweliersware sal te koop aangebied word. Daar sal ook 'n teetuin wees met heerlike eetgoed
Parys-Wes het in 2015 begin met die Kerskosprojek waar ons probeer om vir die gesinne wat maandeliks by die kerk 'n kospakkie kry, so iets meer te gee vir die Kerstyd. Tot dusver was dit 'n groot sukses en met die balans van jul bydraes, nadat die Kerskospakkies aangekoop is, was dit selfs moontlik om die maandelikse pakkies so bietjie te rek. Met die beskikbare geld kon ons75 x 5kg mieliemeel by TAU Rollermeule koop en TAU het 75 geskenk. Die jaar 2020 het spesiale uitdagings vir almal ingehou, so met die Covid 19 Inperkings, mense het hul werk verloor en kos het ook nie goedkoper geword nie. Ons wil die Kerskosprojek vir 2020 nou afskop en doen 'n beroep op elkeen in die gemeente om, waar moontlik, 'n bydrae te maak.
Die geraamde waarde van die kospakkies is R360 -R400 en daar is tans 23 gesinne wat deur die kerk ondersteun word. Almal is welkom om een of meer kospakkies te borg. Alle bydraes is egter welkom en 'n klompie los rand koop ook 'n pakkies. Enige oorskot sal gebruik word om produkte aan te koop waarmee die maandelikse kospakkies vir 2021 aangevul kan word.
Bydraes kan tot einde November by die kerkkantoor inbetaal word of kan in 'n koevert wat gemerk is "Kerskosprojek" in die kollektebord geplaas word. Baie dankie vir almal se ondersteuning van die projek. Dit word baie waardeer.
Lidmate wat nie 'n diaken of 'n ouderling het nie en graag 'n besoek van die leraar of 'n ouderling of diaken wil ontvang, kontak asb die kerkkantoor
Baie welkom in die gemeente. Vorms vir gebruik deur nuwe intrekkers is beskikbaar in die voorportaal. Voltooi asb een en plaas dit in die kollektebord sodat ons julle kan kontak of kom besoek ons by die kerkkantoor..
Ons is besig om ons databasis op datum te bring. En versoek u asb om met die kerkkantoor te skakel ten einde na te gaan of u inligting korrek is. By voorbaat dankie
Die lidmate wat in wyke woon wat nie 'n diaken of 'n ouderling het nie, moet asb hul bydraes by die kerkkatoor afgee of neem 'n koevertjie in die ingangsportaal en gooi dit in die kollekte-bordjie. Baie dankie vir jul samewerking
Die geboue by CTK is al baie oud en afgeleef. Aangesien geen instandhouding vanaf die Staat of Engo gedoen word nie, het die huisouers, Elsabe en Boet, dit op hulself geneem om Esterhof te laat verf. Om hierdie uitgawe aan te gaan word daar slegs staat gemaak op bydraes van die gemeenskap, finansieel of verfmateriaal. Bydraes tot hierdie projek sal waardeer word. Betaling kan gemaak word aan: Charlotte Theron Kinderhuis, ABSA tjekrekening 0770230101, Takkode 632550. Verwysing: Esterhof-verfprojek.
Hou 'n Skrikkeljaardan (Fondsinsameling). 28 Febr.2020 om 18:00 vir 18:30. Koste: R250 per paar en R80 per persoon 0/16. Dit sluit in verversings, spitbraai met bykosse en nagereg. Plek: CTK Lapa, Wesselsstraat 46, Bethlehem
Die volgende wyke is verantwoordelik vir middagete vir ongeveer 100 mense.
Wyke: Sally Martin, Delver, End, Bredell, Koppieskraal, Pistoriusrust M1 en M2
Sal vrywilligers wat bereid is om te help met bg ete in die Wyke die kerkkantoor skakel asb.
Eenkeer per maand deel die Kommissie vir Getuienis sop en toebroodjies uit aan hulle wat minderbevoorreg is. Sal die volgende wyke asb 5lt sop plus een brood se toebroodjies per wyk by die ou Pastorie aflewer op bogenoemde datum. Bring die sop asb in roomys/joghurt houers
Wyke : Bredell, Delver en End