Ned. Geref. Gemeente Parys-Wes

 

 

ALGEMEEN

NG Kerk Parys Wes is baie aktief  betrokke by die lief en leed van sy lede. Indien enige van ons lede inligting het email dit asb dadelik na ons by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of bel die kantoor op 056 811 5316

 

Lief en Leed

Dit verg moed om te leef! Moed om op te staan, jou dagtaak te verrig, gesonde verhoudings te handhaaf, die regte ding te probeer doen. meer as dit neem dit 'n stukkie moed om gelukkig te wees, te huil, te gee en te neem, lief te hê . . . en doodgewoon mens te wees.  Dit vereis 'n daad van oorgawe om te glo in n God wat ons nie kan sien nie.  Tog is dit hierdie onvoorwaardelike oorgawe en kinderlike afhanklikheid wat aan ons die lewensmoed gee om elke more op te staan en met nuwe moed te leef.  Lees meer... 

Verjaarsdae

Wat n lieflike dag! Mag ons Skepper se liefde jou soos sonskyn omvou.  Mag Sy genade oor jou drup soos die moredou.  Mag Sy vreugde jou hart vul met 'n melodie.  Mag Sy kosbare bloed jou lewe omsirkel.  Mag God voor jou uitloop en al jou paaie gelyk maak. Lees meer . . .

 

Projekte

Deur alles wat rondom ons gebeur, wys God nogsteeds elke dag soveel liefde.  Ons moet net ons oë oopmaak en dit rondom ons raaksien. Daar word 'n amateur foto-kompetisie aangebied met die Tema: Sien liefde!  Inskrywingsvorms by kerkkantoor beskikbaar.  Lees meer.

 

Kinders

Daar is 09:00, Sondae, Kinderkerk by die ou Pastorie.  Die kategese is 10:00 in die kerksaal. Lees meer